Wednesday, 2 October 2013

Reflektiewe Skryfstuk

As ek reflekteer oor my ervaring van die blog opdrag, word ek herinner aan die gevoel van kommer wat my getref het toe ek die eerste keer die opdrag ontvang het en hoe my gevoelens nou verander het.

Toe ek die opdrag gekry het, was ek nie veel daarin geïnteresseerd nie, omdat ek nog nooit geblog het nie, en nooit gedink het ek sou nie. Die skepping van die blog was vir my 'n uitdaging en alhoewel die instruksies gehelp het, het ek dit nog steeds moeilik gevind. Dit het my vir 'n oomblik moed laat verloor, maar ek het dit uiteindelik reggekry en dit was die eerste stap tot my nuwe stokperdjie.

Die volgende drie weke moes ek toe blog. Ek was steeds senuweeagtig oor die blog, maar moet erken ek het dit begin geniet en het gewens ons kon meer woorde gebruik, omdat ek ontdek het, dat ek so baie het om te deel. Om een van my passies en kennis met anders te deel, beteken baie vir my. Ek het ook ontdek ek hou baieb van skryf, veral verhalende stukke en ek beplan om hiermee aan te hou.

Sommige kere voel ons bang, bekommerd en senuweeagtig as ons iets nuuts moet doen of ervaar, maar die ervaring dra by tot jou kennis en ontwikkeling. Jy mag net iets ontdek wat jy baie geniet. Ek beplan om altyd te blog en om die kennis te neem wat ek opgedoen het oor blogging, as 'n platform te gebruik om my ervarings en kennis met anders te deel.