As ek reflekteer oor my ervaring van die blog opdrag, word ek herinner aan die gevoel van kommer wat my getref het toe ek die eerste keer die opdrag ontvang het en hoe my gevoelens nou verander het.
Toe ek die opdrag gekry het, was ek nie veel daarin geïnteresseerd nie, omdat ek nog nooit geblog het nie, en nooit gedink het ek sou nie. Die skepping van die blog was vir my 'n uitdaging en alhoewel die instruksies gehelp het, het ek dit nog steeds moeilik gevind. Dit het my vir 'n oomblik moed laat verloor, maar ek het dit uiteindelik reggekry en dit was die eerste stap tot my nuwe stokperdjie.
Die volgende drie weke moes ek toe blog. Ek was steeds senuweeagtig oor die blog, maar moet erken ek het dit begin geniet en het gewens ons kon meer woorde gebruik, omdat ek ontdek het, dat ek so baie het om te deel. Om een van my passies en kennis met anders te deel, beteken baie vir my. Ek het ook ontdek ek hou baieb van skryf, veral verhalende stukke en ek beplan om hiermee aan te hou.
Sommige kere voel ons bang, bekommerd en senuweeagtig as ons iets nuuts moet doen of ervaar, maar die ervaring dra by tot jou kennis en ontwikkeling. Jy mag net iets ontdek wat jy baie geniet. Ek beplan om altyd te blog en om die kennis te neem wat ek opgedoen het oor blogging, as 'n platform te gebruik om my ervarings en kennis met anders te deel.
Pret met pasteie? Ja dus reg! Hier's kortpaaie, langes en nuwes! Op hierdie blad deel ek hoe om pret te hê met pasteie-Te lekker!
Wednesday, 2 October 2013
Wednesday, 25 September 2013
Opvoedkundige Opskrif
Pret Met Pasteie: Almal weetwat pastei is, maar nie almal kan dit vo...: Almal weet wat pastei is, maar nie almal kan dit voorberei nie. Som sê dit is heeltemal net te ingewikkeld en te veel werk .Hier is ...
Almal weet
wat pastei is, maar nie almal kan dit voorberei nie. Som sê dit is heeltemal
net te ingewikkeld en te veel werk .Hier
is ‘n kort pad na een van jou toekommende gunsteling disse. Jy kan dit self
voorberei sonder baie moeite. Kom ons het ‘n bietjie prêt met pastei.
Die
bestandele wat jy sal benodig is 2kg honderborsies, 1 ui gekap, 1 knoffelhuis,
fyn gekap, ½ koppie witwyn, 6 pepperkorrels, 1 lourier blaar,
sout, pepper, geknoopte moeslynsakkie, 2
tafellepels botter, 2 eiers, die sap van 1 suurlemoen, 4 gekookte eiers, 113g
ham, gekap, en 1 pak deeg (Today’s
Pastry).
Stap 1
Kook
hoender in een liter water saam met uie, knoffel en witwyn.
Stap 2
Voeg by die
speserye,sout en pepper in moeslyn sakkie.
Stap 3
Kook saam
todat die hoender sag is. Verwyder moeselynsakkie.
Stap 4
Klits die
geel van die eiers met die suurlemonsap en voeg dit by die hoender.
Stap 5
Sny
hoenderborsies in blokkies en sit hoender saam lae hardgekookte eiers en ham
tussen in pasteiskottel.
Stap 6
Bedek met
deeg en borsel met geel van eier gemeng met melk.
Stap 7
Bak vir 30
minute in warm oond, 200-C
Vandag leer
jy nie net hoe om pastei voorteberei nie, maar ook hoe om prêt te het met
pasteie en teenselfde tyd te ontspan. Sterkte
Wednesday, 18 September 2013
Eendag lank
gelede het die honger my en my susters beet gehad, maar daar was niemand en
amper niks om dit te troos nie.
Kim se toe vir Liesel:
“Gaan maak jy iets”, maar Liesel stel voor dat sy gaan. Soos ‘n ouer suster
moet probeer ek toe om ons vrytestel van die luiding. Ek trek toe die
dapperskoene aan. Ons was altyd lief vir kos, maar min lus om te kook.
Toe ek die yskas oopmaak besef ek waar my
moeder is. Sy het inkopies gaan doen omdat daar net vier eiers, een ui, een
tamatie en ‘n klein stukkie kaas is.
Ek staan toe en
wonder wat presies moet ek nou doen? My susters probeer my aanmoedig alhoewel
ek dink hulle meer probeer het om gekteskuur as enige iets anders.Ek sny toe
die ui en gooi dit in die pan om te smoor en besliut toe om ook die tamatie
optesny en in die pan te sit. Ek klits toe die eiers en meng sout, pepper, en spesirye
net vir ‘n bietjie skop en gooi dit in die pan.
Volgende wonder
ek wat nou? Ek besluit toe om die kaas te rusper and oor die eier te versprei.
My genade, die resultate was verrassend! My susters was vir eens bly hulle ken
my en het gesê eerder ek is ‘n goeie kok of ek het soos hulle sê dit met liefde
gemaak.
Dit is hoe ek
begin kook het, nie net vir die nood daarvan nie, maar om tyd te bestee met my
familie, hulle te bederf, en lekker te lag oor ‘n lekker dus.
Wednesday, 4 September 2013
Beskrywing- Pret met pasteie!
Een Sondagmiddag het my suster Renee my oorgenooi vir middagete. Opgewonde oor die moontlikhede van lekker disse het ek sonder twyfel die uitnodiging aanvaar.
My suster is so bekend soos 'n bonthond vir die disse wat sy voorberei. Wanneer dit by haar disse kom, kan ek eet soos 'n wolf. Toe ek by haar huis aangestap kom, het die smaaklike reuk van hoender en speserye my by die deur kom haal en die ou bekende geur vul die lug.
Toe die kos bedien word, was ek al so honger soos 'n wolf. Ek kry toe 'n teleurstellende verrassing, my suster het hoenderpastei voorberei. Ek probeer toe om die teleurstelling op my gesig weg te steek, want ek het nooit gehou van maaltye wat pastei bevat nie.
Terwyl ons so aan tafel sit, het ons lekker gesprek gehad en ek het my geniet. Alhoewel ek so stadig soos 'n donkie geëet het, het ek probeer om die pastei te vermy en het liewer gekou aan die groente wat heerlik was! Renee het direk oorkant my gesit en ek wou nie haar gevoelens seermaak nie, ek trek toe maar die dapper skoene aan.
Die eerste ding waaraan ek gedink het, was dat die pastei so dun soos 'n plank was en dit nie dieselfde smaak gehad het, soos met my vorige ervarings nie. Ek kon die smaaklike guere in die hoender proe en ek het die pastei so vinnig soos blits opgeëet. Ek het nie net lekker geëet nie ek het ook geleer dinge is nie altyd soos dit voorkom nie.
Ek het lekker kos geëet en kwaliteit tyd met my familie spandeer, maar ek het ook 'n nuwe passie ontdek. Nou kan ek nie genoeg daarvan kry om pasteidisse te maak en te deel nie, in die hoop dat ander ook pret met pasteie kan hê.
Wednesday, 28 August 2013
Wie sê kos is net gemaak om te eet?
As 'n kind en 'n tiener het ek nog altyd 'n liefde en passie vir kos gehad,veral om dit te eet! Soos ek ouer geword het, het ek besef kos is meer as net lekker! As 'n volwassene het ek 'n passie ontwikkel om kos voorteberei en ek het toe die stoute skoene aangetrek.
Dit herhinne my dikwels aan my kinderdae, want die kreatiwiteit vloei by my uit. Dit is soos 'n kuns en ek vind dit baie terapeuties. Alhoewel ek dit steeds bevredigend vind om kos te eet, beteken dit nou veel meer vir my as net om my maag 'n lekker tyd te gee. Ek geniet dit vreeslik baie om vir mense gesonde, lekker disse voorteberei.
Ek besef dit ook nou as 'n volwassene in vandag se lewe, waar daar nie veel tyd is om tyd te spandeer aan kook of family nie, is dit voordelig om kort, lekker disse voorteberei wat jy kan geniet saam met jou familie. Dus ontspan jy, geniet jouself sonder baie moeite en spandeer kosbare tyd met jou famielie aan tafel.
Op hierdie blad deel ek pasteiresepte. Dit klink verveelig, maar is alles behalwe, die bewys is in die proe. Hier is kort paaie, langes en nuwes, geniet dit saam met jou familie! Te lekker!
As 'n kind en 'n tiener het ek nog altyd 'n liefde en passie vir kos gehad,veral om dit te eet! Soos ek ouer geword het, het ek besef kos is meer as net lekker! As 'n volwassene het ek 'n passie ontwikkel om kos voorteberei en ek het toe die stoute skoene aangetrek.
Dit herhinne my dikwels aan my kinderdae, want die kreatiwiteit vloei by my uit. Dit is soos 'n kuns en ek vind dit baie terapeuties. Alhoewel ek dit steeds bevredigend vind om kos te eet, beteken dit nou veel meer vir my as net om my maag 'n lekker tyd te gee. Ek geniet dit vreeslik baie om vir mense gesonde, lekker disse voorteberei.
Ek besef dit ook nou as 'n volwassene in vandag se lewe, waar daar nie veel tyd is om tyd te spandeer aan kook of family nie, is dit voordelig om kort, lekker disse voorteberei wat jy kan geniet saam met jou familie. Dus ontspan jy, geniet jouself sonder baie moeite en spandeer kosbare tyd met jou famielie aan tafel.
Op hierdie blad deel ek pasteiresepte. Dit klink verveelig, maar is alles behalwe, die bewys is in die proe. Hier is kort paaie, langes en nuwes, geniet dit saam met jou familie! Te lekker!
Subscribe to:
Posts (Atom)