Wednesday, 28 August 2013

Wie sê kos is net gemaak om te eet?

As 'n kind en 'n tiener het ek nog altyd 'n liefde en passie vir kos gehad,veral om dit te eet! Soos ek ouer geword het, het ek besef kos is meer as net lekker! As 'n volwassene het ek 'n passie ontwikkel om kos voorteberei en ek het toe die stoute skoene aangetrek.

Dit herhinne my dikwels aan my kinderdae, want die kreatiwiteit vloei by my uit. Dit is soos 'n kuns en ek vind dit baie terapeuties. Alhoewel ek dit steeds bevredigend vind om kos te eet, beteken dit nou veel meer vir my as net om my maag 'n lekker tyd te gee. Ek geniet dit vreeslik baie om vir mense gesonde, lekker disse voorteberei.

Ek besef dit ook nou as 'n volwassene in vandag se lewe, waar daar nie veel tyd is om tyd te spandeer aan kook of family nie, is dit voordelig om kort, lekker disse voorteberei wat jy kan geniet saam met jou familie. Dus ontspan jy, geniet jouself  sonder baie moeite en spandeer kosbare tyd met jou famielie aan tafel.

Op hierdie blad deel ek pasteiresepte. Dit klink verveelig, maar is alles behalwe, die bewys is in die proe. Hier is kort paaie, langes en nuwes, geniet dit saam met jou familie! Te lekker!

3 comments:

  1. Ek is sommer nou lus vir eet!

    Enkele opmerkings:

    1. voorteberei - voor te berei (te staan altyd op sy eie)
    2. herhinne - herinner
    3. by my uit - uit my
    4. om tyd te spandeer - tyd te bestee
    5. family - familie
    6. jy, geniet jouself - ontspan jy, geniet dit sonder baie moeite en bring kosbare tyd saam met jou familie deur.
    7. verveelig - vervelig

    ReplyDelete
  2. Ek kan sien dat jy 'n passie vir kos het en dat jy daarvan hou om te kook.Ek myself hou van kook en bak en wie weet, dalk kan ons beroemde sjefs word in die volgende lewe.

    ReplyDelete
  3. Ek kan sien dat jy n passie vir kos het. Ek in die ander hand hou nie veel van kook nie. Ek dink ek moet meer tyd saam jou spanduur sodat jy my n paar wenke kan gee.

    ReplyDelete