Wednesday, 18 September 2013


Eendag lank gelede het die honger my en my susters beet gehad, maar daar was niemand en amper niks om dit te troos nie.

Kim se toe vir Liesel: “Gaan maak jy iets”, maar Liesel stel voor dat sy gaan. Soos ‘n ouer suster moet probeer ek toe om ons vrytestel van die luiding. Ek trek toe die dapperskoene aan. Ons was altyd lief vir kos, maar min lus om te kook.

 Toe ek die yskas oopmaak besef ek waar my moeder is. Sy het inkopies gaan doen omdat daar net vier eiers, een ui, een tamatie en ‘n klein stukkie kaas is.

Ek staan toe en wonder wat presies moet ek nou doen? My susters probeer my aanmoedig alhoewel ek dink hulle meer probeer het om gekteskuur as enige iets anders.Ek sny toe die ui en gooi dit in die pan om te smoor en besliut toe om ook die tamatie optesny en in die pan te sit. Ek klits toe die eiers en meng sout, pepper, en spesirye net vir ‘n bietjie skop en gooi dit in die pan.

Volgende wonder ek wat nou? Ek besluit toe om die kaas te rusper and oor die eier te versprei. My genade, die resultate was verrassend! My susters was vir eens bly hulle ken my en het gesê eerder ek is ‘n goeie kok of ek het soos hulle sê dit met liefde gemaak.

Dit is hoe ek begin kook het, nie net vir die nood daarvan nie, maar om tyd te bestee met my familie, hulle te bederf, en lekker te lag oor ‘n lekker dus.

2 comments:

  1. Enkele opmerkings:

    1. beetgehad - een woord
    2. sê - ê = alt 136
    3. As jy begin om in die eerstepersoon te skryf, hou daarby. "Kim sê toe vir Liesl" is derdepersoon
    4. vrytestel van die luiding. - vry te stel van die lyding
    5. gekteskuur - gek te skeer
    6. besliut - besluit
    7. optesny - op te sny
    8.spesirye - speserye
    9. rusper - rasper
    10. dus - dis

    ReplyDelete
  2. As jy vier eiers, een ui, een tamatie en 'n stukkie kaas na iets soe smaaklik kan verander dink ek rerag kook is jou roeping.

    ReplyDelete