Pret met pasteie? Ja dus reg! Hier's kortpaaie, langes en nuwes! Op hierdie blad deel ek hoe om pret te hê met pasteie-Te lekker!
Wednesday, 4 September 2013
Beskrywing- Pret met pasteie!
Een Sondagmiddag het my suster Renee my oorgenooi vir middagete. Opgewonde oor die moontlikhede van lekker disse het ek sonder twyfel die uitnodiging aanvaar.
My suster is so bekend soos 'n bonthond vir die disse wat sy voorberei. Wanneer dit by haar disse kom, kan ek eet soos 'n wolf. Toe ek by haar huis aangestap kom, het die smaaklike reuk van hoender en speserye my by die deur kom haal en die ou bekende geur vul die lug.
Toe die kos bedien word, was ek al so honger soos 'n wolf. Ek kry toe 'n teleurstellende verrassing, my suster het hoenderpastei voorberei. Ek probeer toe om die teleurstelling op my gesig weg te steek, want ek het nooit gehou van maaltye wat pastei bevat nie.
Terwyl ons so aan tafel sit, het ons lekker gesprek gehad en ek het my geniet. Alhoewel ek so stadig soos 'n donkie geëet het, het ek probeer om die pastei te vermy en het liewer gekou aan die groente wat heerlik was! Renee het direk oorkant my gesit en ek wou nie haar gevoelens seermaak nie, ek trek toe maar die dapper skoene aan.
Die eerste ding waaraan ek gedink het, was dat die pastei so dun soos 'n plank was en dit nie dieselfde smaak gehad het, soos met my vorige ervarings nie. Ek kon die smaaklike guere in die hoender proe en ek het die pastei so vinnig soos blits opgeëet. Ek het nie net lekker geëet nie ek het ook geleer dinge is nie altyd soos dit voorkom nie.
Ek het lekker kos geëet en kwaliteit tyd met my familie spandeer, maar ek het ook 'n nuwe passie ontdek. Nou kan ek nie genoeg daarvan kry om pasteidisse te maak en te deel nie, in die hoop dat ander ook pret met pasteie kan hê.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Enkele opmerkings:
ReplyDelete1. het ons lekker gesprek gehad - het ons 'n lekker gesprek gehad
2. het my geniet - het dit geniet
3. guere - geure
4. spandeer - deurgebring
Mmmmmmm..... maar jou suster se pastei klink heerlik.
ReplyDeleteDie pastei klink al te heerlik,my mond water soos ek hierdie skryfstuk lees.Knap gedaan.
ReplyDelete